|
My naam is Chris Fourie, het
grootgeword op ‘n kleinvee plaas
tussen Upington en Olifantshoek
in die Karakoel era. Ek het in
daardie tyd geglo dat ons die
laaste jakkalse uitgeroei het.
Tot my groot skok het ek in 2000
agter gekom toe ek weer tot
kleinvee boerderye toegetree het.
Ons het Laaste 15 jaar woonagtig
te Prieska teen die Oranjerivier
in die Noord–Kaap. Ek boer in
die Boesmanland en die Bo-Karoo
naby Kenhardt. Was ook betrokke
by Boerderye naby Upington en in
die Suide van Namibia.
Ek doen proffesionele nagskiet
vanaf 2002. Alles het begin om
“my” probleem van jakkalse en
rooikatte op te los. Ek het
egter na ‘n baie goeie nag in
Namibia, waar ek oor die bakkie
tralie se reling en met ‘n
ander persoon wat lig, heelwat
jakkelse laat wegkom en slim
gemaak. Op pad terug huis toe
het ek na terugdenke van die
vorige nag en lammers wat
daardie jakkalse wat gemis is
gaan opvreet, besluit die is ‘n
werk van ‘n profesionele persoon
en moet reg gedoen word. Vanaf
daardie nag probeer ek alles so
reg en profesioneel as moontlik
doen net uitstekende resultate.
Tariewe vir 2007
- R3.00 per km vanaf Prieska
tot weer op Prieska. R500.00
per nag, eerste Jakkals of
Rooikat ingesluit. Daarvanaf
R500.00 per jakkals of Rooikat.
R50.00 per silwerjakkals of
wilde kat. Bekwame bestuurder
moet voorsien word.
Telefaks H (053) 353 1440 -
Selfoon: 083 274 4625 - Email:
chris23@telkomsa.net


Die 6 jakkalse, die hele familie,
is geskiet na ek binne 2 nagte 6
stoet dorper lammers vermis het.
Na ‘n volledige veld inspeksie
het ek bevind dat die lammers
deur jakkalse gevang was. Ons
het met sononder in die betrokke
kamp geroep, maar geen reaksie
gehad nie. Ons het al die
skuldiges ongeveer 2 km vanaf
die kamp kwart oor 2 die oggend
uitgeskiet. Al die jakkalse is
met ‘n wit lig geskiet,
aangesien dit baie vogtig was en
daar nie met die rooi lig gesien
kon word nie. Ek het gebruik
gemaak van ‘n foxpro roeper.
Die groot wit lig aan die
onderkant van die geweer is daar
gemonteer vir sulke gevalle of
baie ver skote.

Nie net jong
jakkalsies word geskiet nie.
Hierdie monster van ‘n teef wat
oor die 13kg geweeg het, was 7
jaar en ouer. Sy is op die
plaas Randjies naby Niekerkshoop
geskiet. Sy is ook met ‘n wit
lig, op ‘n afstand van 265m
geskiet. Geluk skote tel darem
ook.
I
have personally hunted with
Chris, he is a genuine person
who you can rely upon, a total
gentleman with a wonderful
family, he uses the very best
equipment available and gets
results, I have no hesitation at
all in being his reference. Gary
Laubscher
www.africanpredator.com
|