Nuwe tegnologie vir jakkals en rooikat - geluide op MP3
 Die Jakkals en Rooikat jagter het nou n makliker manier om te jag. Hierdie nuwe begrip is al klaar in baie jagters se arsenaal, maar daar is baie van ons wat nie weet van hierdie nuwe begrip nie.
Hierdie skrywe is om vir die leser n makliker insig te gee van hoe die begrip werk en wat dit alles meebring. Dit is werklik baie maklik om alles te gebruik en te laai.
In die foto is my MP3 met 60 klanke wat opgelaai is. Dit word in die swart versterker ingesit vir n sterker klank.
Die dae van cd’s is iets van die verlede, hierdie begrip is nie net makliker nie, maar ook meer doeltreffend, nie net van n dra perspektief maar ook van n klank kwaliteit perspektief. Dit is ideaal vir die Jakkals en Rooikat jagter.
Hierdie nuwe tegnologie word n MP3 genoem. Dit is in n rekenaar ingebou, in n klein dosie, van hulle is so klein soos n sigaret doos. Hulle neem van omtrent 60 geluide, tot by 300, en meer op. Die MP3 is klein, maar dit het n baie groot geheue. Die begrip is ideaal vir jagters en om hierdie klein MP3 te gebruik spaar ons los drade wat ons op n cd speler kry, ens.
LAAI
Die MP3 kom saam met sagteware en al wat die jagter moet maak is om te kies watter geluide hy wil he, hy laai sy klanke van die cd’s ( wat hy al klaar het) , op sy rekenaar, en dan met die MP3 se sagteware laai hy dit alles op die MP3. Dan kan hy die Cd’s wegsit vir altyd en nooit weer gebruik nie. n Paar van die MP3’s kan jy direk agter in die rekenaar insit en hy laai dit outomaties. Hulle het nie enige sagteware nodig nie.
MP3’s kom met verskillende opsies waarvan n radio ook in n paar ingebou is. Ander modelle het n opsie waar jy dieselfde geluid oor en oor kan speel. Ek het 4 cd’s wat ek op my MP3 gelaai het. Nou het ek nie meer die probleem van n cd wat gekrap is of vuil raak nie.
ALGEMEEN
Miskien klink dit alles baie ingewikkeld, maar dit is tog nie. Koop n MP3, sit jou klanke op vanaf die rekenaar en jy kan gaan jag, dit neem n paar minute, en jy kan ook hulle later afhaal en nuwe geluide opsit. MP3’s sal jou tussen R299-00 en R499-00 kos, dit hang ook af van die grootte van die MP3 en hoeveel geluide jy wil opsit. Standaard MP3’s sal maklik 60 geluide kan opneem en sal kos vanaf R249.
Al wat jy saam moet kry is n versterker wat die geluide harder kan maak, onthou n MP3 is gemaak om in jou ore te speel, so n versterker is nodig. Ek bou my eie een soos in die foto en langs hom kan jy die MP3 sien en sy grootte. Ek speel my cd speler en selfs n band met die versterker, ons noem hom n “booster box.” Hy pas op enige cd speler, walkman en ook meeste van die MP3’s.
Die MP3 werk baie maklik en dieselfde as n standaard cd speler. Om die verskillende geluide te kry wat jy opgelaai het is baie eenvoudig en vinnig. n Paar van die MP3’s het ligte wat brand en jy kan mooi die verskillende nommers sien in die aand. Die een in die foto het n radio, lig, 60 geluide ingebou en ook n “repeat” knoppie.
SLOT
Ek werk al baie lank met geluide op cd’s en band, maar hierdie begrip is baie makliker en ek hoef nie meer te sukkel met drade en ander dinge, wat die jag van jakkalse, in die nag, meer moeiliker maak nie. Hierdie begrip is baie maklik om te gebruik en jou geluide is veilig teen krap en stof en ander dinge wat jou jag kan bemoelik .
Die MP3 kan by die meeste winkels gekoop word, en daar is baie om van te kies.
As jy meer inligting soek oor MP3’s, versterkers of cds dan kan ek gekontak word by 0824853885.
Gary Laubscher
sellis@telkomsa.net
South Africa 0824853885
International; 27824853885 |