|
“Jakkalse van
die hoë Plato”
Na jare se jag
van jakkalse en
ander predatore
vanaf seevlak
tot hoër
gedeeltes in
Suid-Afrika het
ek tot die
gevolgtrekking
gekom.Hoër
gedeeltes is
meer suksesvol
vir jag van
predatore as
laer areas omdat
die gedeeltes
meer besoek word
as aanvanklik
vermoed is.
Ek is 'n
gereelde jagter
van predatore by
wyse van die
roep van die
diere met 'n
elektroniese
roeptoestel of
mondfluitjies.Ek
gee ook gereelde
kursusse aan
boere en jagters
in verskeie dele
in
Suid-Afrika.Sutherland
is een van die
plekke.Die
gebied is hoog
bo seevlak en
het 'n geweldige
probleem van
predatore.Wilde
katte is
volop.Ek het al
drie katte in
een nag hier
ingeroep.Dit is
raar.'N goeie
standaard is een
kat uit 25 tot
30 jagte.Hulle
is baie skelmer
as jakkalse en
vereis meer
geduld om in te
roep.
Die plaas is
50km vanaf die
dorp geleë.Die
dorp is 300m
hoër geleë en
predasie kom
meer voor hoër
en nader aan die
dorp.Ek jag in
die Noord en
Wes-Kaap .In al
hierdie areas as
ek laer af roep
en my taktieke
verander om hoër
op in die berge
te roep
verdubbel my
roep sukses.Dit
is veral die
geval in die
“Breeding”seisoen
van die
jakkals.Hul gate
is hoër op as
gewoonlik geleë
daarom reageer
hulle ook
vinniger op
roepgeluide.
Ek het in Maart
in Montagu op 'n
plaas gaan
jag.Ek ken die
plaas baie
goed.Ek het
beperkte sukses
gehad.Maar ek
het geweet daar
was jakkalse op
die plaas.So ek
het mooi gaan
sit en dink oor
die saak en
besef omdat dit
“Breeding
seisoen is en
die kleintjies
vinniger sal
seer kry,beskerm
die ouers hulle
meer van die
mensdom.So wat
doen hulle?Hulle
soek skuiling
hoër op!
In Oktober het
ek in die
Ladismith
distrik gaan
jag.Die plaas
het aan Montagu
gegrens.Die maan
was 1tot 2 dae
binne nuwe maan
en daar was geen
wind.Op Montagu
kon ons omtrent
geen jakkals
spore kry nie en
geen spore het
tekens gehad dat
daar kleintjies
by was nie.So
ons het hoër-op
gery.90km vanaf
die Ouberg
afdraai buite
Montagu het ons
begin spore kry
van die moeder
wat rondloop met
haar
kleintjies.Somtyds
het ons spore
gekry van albei
ouers met
kleintjies.
Ons het 'n
ideale roeparea
gekry en ons het
besluit om hier
te roep.Die area
was 'n groot oop
stuk veld met
min bossies waar
'n jakkals sou
kon wegkruip.Net
onder ons was 'n
paar klein
watergate.Ons
het ons stelling
ongeveer
400meter vanaf
'n groot5
wildkamp af
opgestel.Die
twee plase saam
het ongeveer 65
000 Hektaar
beslaan.Ek het
gedink die
eerste jakkals
wat sou reageer
op ons geluide
sou 'n reun
wees.Dit was 'n
perfekte
roepplek.Daar
was nog nooit
hier gejag nie
en hier was vele
wildlewe.
Ek het besluit
om miskien
eerste 'n
“Challenge Call”
te gebruik om te
sien of 'n
jakkalsreun sou
reageer om die
indringer in sy
gebied te
verjaag.
Ons het die
bakkie gereed
gemaak en begin
sit vir 'n lang
wag.'N uur later
was dit
donker.Ek het
die rooi lig
aangeskakel en
die veld twee
keer gevee
voordat ek enige
roepgeluide
gemaak
het,indien daar
'n jakkals naby
was.Daar was
niks.Ek het my
Amerikaanse
Foxpro(elektroniese
roeptoestel)
4meter voor die
bakkie
neergesit.Ek het
die knoppie op
die
afstandbeheer
gedruk.Die
geluid van die
“Challenge Call”
het die nag se
stilte
verbreek.Elke
reeks geluid was
5sekondes
lank.Na die 3de
reeks het 'n
baie aggresiewe
jakkals my
geluide
beantwoord.Die
jakkals het
kort-kort na ons
geblaf.Ek het
weer die rooi
lig aangeskakel
en die jakkals
het 45m van ons
af gestaan en
blaf.Hy het weer
kantlangs
aangehardloop
gekom.Gelukkig
was die bakkie
met Alnet
kamoefleernette
toegemaak en die
jakkals kon ons
nie gewaar
nie.Op 40meter
het my vennoot
die jakkals help
slaap met sy
243.Die reaksie
tyd was 'n
ongelooflike
35sekondes!!!Dit
was die
vinnigste
reaksietyd wat
ek nog gehad het
in al die jare
wat ek
probleemdiere
jag!My ander
vennoot het sy
nagvisie kamera
by hom gehad om
die nagjag te
verfilm.Hy het
nie eers kans
gekry nie so
vinnig het die
jakkals
ingekom.Die
jakkals het
ingekom na die
Foxpro soos ek
verwag het.Na
nog 10minute se
roep het niks
gereageer en ons
het besluit om
op te pak en
huiswaarts toe
te keur.
Die volgende
aand het ons
weer 'n goeie
roepplek
gekry.Die
roepplek was
ongeveer 5km weg
van die vorige
aand se
stelling.Weereens
na net
45sekondes se
roep het 'n
jakkals net
35meter van ons
af in die stof
gebyt.Hierdie
keer was dit 'n
jakkals teef.Ons
het die teef se
spene gedruk en
kon melk
sien.Die area om
die tepel het
ook bewys dat
daar aan die
spene gesuig
is.In die twee
aande het ons 'n
reun en 'n teef
geskiet.
So nou sal julle
vra wat die punt
is van
alles?Wel,dis
maklik.Wanneer
dit “Breeding”
seisoen is of
die teef het
kleintjies in
haar gate,roep
in die
hoër-liggende
gebiede.Gaan
nader na die
aksie!Ek sal sê
in September is
die kleintjies
al gebore en
suig nog aan hul
moeder.In
Oktober is hulle
al miskien uit
hul gate en loop
al rond.In
November gaan
hulle al op
verkenningstogte
saam hul
ouers.In sommige
areas gebeur dit
al in Oktober.So
om dinge af te
rond begin in
September tot
einde November
om in
hoër-liggende
gebiede te jag.
As jy
hoë-liggende
gebiede of berge
en koppies op
jou plaas het
probeer daar
uitkom en roep
daar.Dit
werk!!Dit is
meer as een keer
vir my bewys.
Ek het ook
gevind om katte
op hoër-liggende
gebiede te roep
werk ook.Die
roepsukses is
ook beter!Die
jakkalse het 'n
stabiele
“Breeding”program.Hulle
is voorspelbaar
deur hul
seisoene te
bepaal.Die katte
is minder
voorspelbaar
omdat hulle deur
die jaar broei.
Om die regte
roepgeluide te
gebruik vir die
regte seisoene
van die jaar vir
jakkalse is baie
belangrik.Probeer
ook om nie die
klein jakkalsies
te laat lui deur
albei ouers te
skiet nie.Ek het
nog nooit twee
jakkalse in die
“Breeding”seisoen
ingeroep en
geskiet net om
uit te vind
hulle was ouers
nie.Die kanse is
dat jy nooit
albei sal inroep
omdat daar altyd
een ouer by die
kleintjies sal
wees.
So gaan volgende
jaar uit en gaan
roep in die hoër
gebiede.Wie weet
miskien sal jy
uitvind om ook
hierdie metode
te gebruik jy
makliker van
hierdie
probleemdiere
ontslae sal kan
raak.
Gary Laubscher
Neil Roux
|